TESTIMONIALS

THANK YOU MESSAGES AND TESTIMONIALS

 

Dankie vir alles en dat ek my produk by julle fantastiese mark kon uitstal.

————————————————————————————————————————————–

JUDITH EN LOUIS EK WIL WERKLIK VIR JULLE ONGELOOFLIKE PERFEKSIE VAN HIERDIE UITSTAL RUIMTE MET SOVEEL ATMOSFEER BEDANK JULLE IS TOPS BAIE DANKIE VIR JUL UNIEKHEID DANKIE DAT EK N PLEKKIE KON KRY DIT WAS VIR MY N DROOM ONDERVINDING.

EK GLO JULLE IS UITGEPUT WANT 40 DAE EN NAGTE IS N UITMERGELENDE TYD. GLO MY JULLE WAS WONDERLIK.

STERKTE EN GLO EK IS DANKBAAR DAT EK KON DEEL WEES VAN HIERDIE GROOTSHEID VAN GERIEF  (UNBELIEVABLE GREAT ) Marlene Barnard.

————————————————————————————————————————————–

Ek stem saam . Julle is n wenspan met ongelooflike deursettingsvermoeë.  Dis my 3e uitstalling en elke keer het julle net van beter na beste gegaan.    Welgedaan aan 2 dierbare mense.

————————————————————————————————————————————–

Dankie Marlene kon dit nie beter gestel het nie. Was nou nie self daar nie maar die manier wat Louis en Judith my wat ver was behandel het was met een woord FANTASTIES. Om ons elke dag terugvoering te gee en op hoogte te hou word regtig baie baie waardeer. Jul mark was n ondervinding 1000 en dankie dat ek kon deel wees daarvan al is ek in die Vrystaat. JUL IS TOPS EN ……….DIE VOLGENDE MARK!!!!EK IS DAAR!!!!

————————————————————————————————————————————–

More Louis

Graag wil ons duisend dankies sê vir julle wonderlike mark en harde werk.
Julle kan met rede trots voel en dankie dat ons kon deel wees van dit alles.

Gesels weer spoedig.
Groetnis
Cathrien en Heleen

————————————————————————————————————————————–

Hallo Louis en Judith

Ons wil baie dankie se vir julle 2 vir die groot sukses. Ons sien vreeslik uit na die Paasmark.

Dankie vir julle ek dink dit was reuse sukses.

Angeline du Rand

__________________________________________________________________________________

Goeie dag

Baie dankie vir jul puik diens! Dis was net ‘n plesier!

Baie dankies!

Friendly Regards/ Vriendelike Groete,

Sonetta du Preez

__________________________________________________________________________________

Hi  Louis en Judith.

Baie dankie vir die geleentheid. Dit was heerlik om julle te leer ken.

Die gemoedelike en vriendelike atmosfeer in die tent het dit lekker gemaak om soontoe te kom.

Ons sien weer Maart maand.

Baie dankie.

Groete.

Karin

__________________________________________________________________________________

Goeie naand aan 2 wonderlike mense

Baie dankie vir al julle moeite en vriendelikheid.  Ek glo dat julle mark
net gaan groei en groei en ek wil beslis weer volgende jaar deel wees
daarvan.

Lekker aandjie en eh hoop en vertrou dat die laaste twee dae weer besig gaan
wees.

Baie liefde
Hennily

_________________________________________________________________________________

Beste Louis en Judith,

Net van my kant af ook weer dankie vir die geleentheid wat julle vir ons gegee het om ons produkte daar te verkoop!

Ek sal self my en Hennily van Blood Orange se voorraad Maandagoggend kom oppak. Sien dan en sterkte met laaste 3 dae J

Groete

Cecile – blu spiral